35 Hulle het ook vertel wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.
36 Terwyl hulle hierdie dinge vertel, staan Yeshua tussen hulle en Hy sê vir hulle: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle! אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, moenie bang wees nie.”
37 Hulle het geskrik, was in vrees en het gedink dat hulle ’n gees sien.
38 Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle geskud en kom daar allerhande gedagtes by julle op?
39 Kyk na My hande en My voete, dat dit אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees. Vat aan My en wees seker, want ’n gees het nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.”
40 Toe Hy hierdie dinge gesê het, wys Hy vir hulle Sy hande en Sy voete
41 en steeds het hulle, van vreugde, nie geglo nie en hulle verwonder en Hy sê vir hulle: “Het julle iets hier om te eet?”