37 Hulle het geskrik, was in vrees en het gedink dat hulle ’n gees sien.
38 Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle geskud en kom daar allerhande gedagtes by julle op?
39 Kyk na My hande en My voete, dat dit אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees. Vat aan My en wees seker, want ’n gees het nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.”
40 Toe Hy hierdie dinge gesê het, wys Hy vir hulle Sy hande en Sy voete
41 en steeds het hulle, van vreugde, nie geglo nie en hulle verwonder en Hy sê vir hulle: “Het julle iets hier om te eet?”
42 Toe gee hulle vir Hom ’n stuk gebraaide vis en ’n heuningkoek
43 en Hy het dit gevat en voor hulle geëet.