19 maar toe Herodes, (heerser oor ’n kwart van die land), deur hom tereggewys is oor Herodias, die vrou van Filippos, sy broer en oor al die bose dinge wat hy gedoen het,
20 het hy by alles nog bygevoeg om vir Yoganan in die tronk op te sluit.
21 Dit het gebeur dat, tydens die tyd toe hy al die mense gedoop het, hy Yeshua ook gedoop het. Terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaanHeb 1:5
22 en die Gees van Afsondering het in fisiese vorm, soos ’n duif, op Hom neergedaal en ’n stem het uit die hemel gekom wat sê: “Jy is My Seun, wat Ek liefhet; oor Wie Ek tevrede is.”
23 Yeshua self was omtrent dertig jaar oud en Hy is beskou as die seun van Yosef, die seun van `Eli,
24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Malki, die seun van Yannai, die seun van Yosef,
25 die seun van Mattityahu, die seun van Amotz, die seun van Nagum, die seun van Gesli, die seun van Naggai,