2 toe Hanan en Kayafa leierpriesters was, was die woord van God op Yoganan, die seun van Z’kharyah, in die wildernis
3 en hy het gekom na die hele gebied rondom die Yarden en die doop van berou, belydenis en laat staan tot vergifnis van sondes verkondig,Yes 40:3; Mal 3:1; Mat 3:3; Mar 1:3
4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Yesha’yahu, die profeet, waar hy sê: “Die stem wat uitroep: ‘Berei die pad van יהוה in die wildernis en maak ’n pad vir ons God reguit op die vlakte.
5 Elke vallei moet opgevul en elke berg en hoë plek gelyk gemaak word, die rowwe plekke sal glad wees en die moeilike plekke, ’n vlakteYes 40:3-5
6 en almal sal die Lewe van God sien’.”
7 Hy sê vir die skares mense wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: “Addergeslag! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die wraak wat kom?
8 Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan.