14 Yeshua het in die krag van die Gees na die Galil teruggegaan en ’n verslag oor Hom het deur die hele streek uitgegaan
15 en Hy het in hulle byeenkomste geleer en almal het Hom geloof.
16 Hy kom in Natzeret waar Hy groot geword het en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Shabbat na die bymekaarkomplek en staan op om te lees
17 en die boekrol van die profeet Yesha’yahu is aan Hom gegee en toe Hy die boekrol oopmaak, vind Hy die plek waar geskrywe is:
18 “Die Gees van יהוה is op My en as gevolg daarvan het Hy My gesalf met die doel om die goeie boodskap aan die armes te verkondig; Hy het My gestuur om die wat gebroke is van verstand, wil en emosie te genees; om aan die wat gevangenes is vryheid te verkondig en aan blindes herstel van sig; om die wat depressief is, te herstel met vergifnis enYes 61:1-2
19 om ’n tydperk aanvaarbaar vir יהוה aan te kondig.”
20 Hy het die boekrol opgerol en aan die assistent gegee en gaan sit, maar die oë van almal in die bymekaarkomplek was vasgenael op Hom.