11 Hulle het die bote aan land gebring, alles agtergelaat en Hom gevolg.
12 Terwyl Yeshua in een van die dorpe was, kom daar ’n man, oortrek met melaatsheid en toe hy Yeshua sien, val hy op sy gesig en smeek Hom en sê: “My Meester, as U wil, kan U my reinig.”
13 Yeshua steek Sy hand uit en raak hom aan en sê: “Ek wil, wees gereinig!” In ’n oomblik het die melaatsheid van hom af weggegaan en hy was rein
14 en Hy beveel hom om dit aan niemand te vertel nie, maar, sê Hy: “Gaan wys jouself aan die priester, vir hulle tot ’n getuienis en offer vir jou reiniging, net soos Moshe beveel het.”
15 Sy bekendheid het al hoe meer versprei en groot groepe mense het bymekaargekom om te luister na Hom en deur Hom van hulle siektes gesond gemaak te word,
16 maar Hy het Hom na verlate plekke onttrek en gebid.
17 Dit het op een van die dae toe Yeshua besig was om te leer en Fariseërs en leraars van die wet uit al die dorpe van die Galil, Y’hudah en uit Yerushalayim daar gesit het, gebeur dat die krag van יהוה om te genees daar was.