22 Yeshua het hulle gedagtes geken en Hy antwoord en sê vir hulle: “Wat bedink julle in jul gedagtes?
23 Wat is makliker, om te sê: ‘Jou sondes is vir jou vergewe;’ of om te sê: ‘Staan op en loop?’
24 Sodat julle egter kan sien dat die Seun van die mens outoriteit het om op aarde sondes te vergewe,” sê Hy vir die verlamde man: “Ek sê vir jou, staan op, tel jou draagbaar op en gaan na jou huis toe.”
25 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, tel die draagbaar waarop hy gelê het op en gaan na sy huis toe terwyl hy God loof.
26 Verwondering het almal aangegryp. Hulle het God geloof, is met respekvolle vrees vervul en het gesê: “Ons het vandag wonders gesien.”
27 Ná hierdie dinge het Yeshua uitgegaan en ’n belastinggaarder, met die naam van Levi, by die belastinghuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My”
28 Hy het alles agtergelaat, opgestaan en Hom gevolg.