5 Shim’on antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, ons het die hele nag hard gewerk en niks gevang nie, maar op U woord sal ek die net laat sak.”
6 Toe hulle dit gedoen het, het hulle ’n baie groot hoeveelheid visse gevang, tot hulle net wou skeur
7 en hulle wys vir hulle medewerkers in die ander boot om hulle te kom help en toe hulle gekom het, het hulle altwee die bote so vol gemaak dat hulle amper gesink het.
8 Toe Shim’on Kefa dit sien, val hy neer by die voete van Yeshua en sê: “Ek smeek van U my Meester, gaan weg van my, want ek is ’n sondaar!”
9 ’n Diepe respek het hom en almal wat by hom was aangegryp, oor die hoeveelheid vis wat hulle gevang het
10 en net so ook vir Ya’akov en Yoganan, die seuns van Zavdai, wat Shim’on se medewerkers was en Yeshua sê vir Shim’on: “Moenie bang wees nie; van nou af sal jy mense vang tot verlossing.”
11 Hulle het die bote aan land gebring, alles agtergelaat en Hom gevolg.