8 Toe Shim’on Kefa dit sien, val hy neer by die voete van Yeshua en sê: “Ek smeek van U my Meester, gaan weg van my, want ek is ’n sondaar!”
9 ’n Diepe respek het hom en almal wat by hom was aangegryp, oor die hoeveelheid vis wat hulle gevang het
10 en net so ook vir Ya’akov en Yoganan, die seuns van Zavdai, wat Shim’on se medewerkers was en Yeshua sê vir Shim’on: “Moenie bang wees nie; van nou af sal jy mense vang tot verlossing.”
11 Hulle het die bote aan land gebring, alles agtergelaat en Hom gevolg.
12 Terwyl Yeshua in een van die dorpe was, kom daar ’n man, oortrek met melaatsheid en toe hy Yeshua sien, val hy op sy gesig en smeek Hom en sê: “My Meester, as U wil, kan U my reinig.”
13 Yeshua steek Sy hand uit en raak hom aan en sê: “Ek wil, wees gereinig!” In ’n oomblik het die melaatsheid van hom af weggegaan en hy was rein
14 en Hy beveel hom om dit aan niemand te vertel nie, maar, sê Hy: “Gaan wys jouself aan die priester, vir hulle tot ’n getuienis en offer vir jou reiniging, net soos Moshe beveel het.”