11 maar hulle is met jaloesie vervul en het onder mekaar bespreek wat hulle met Yeshua moet doen.
12 Dit het in daardie dae gebeur dat Yeshua uitgegaan het na ’n berg om te bid en Hy was die hele nag in gebed tot God
13 en toe dit dag geword het, het Hy Sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en twaalf uit hulle gekies, wat Hy afgevaardigdes genoem het:
14 Shim’on, wat Hy Kefa genoem het en Andréas, sy broer; Ya’akov en Yoganan; Filippos en die seun van (Bar-)Talmai;
15 Mattityahu en T’oma; Ya’akov die seun van Halfai en Shim’on wat Yweraar genoem word;
16 Y’hudah, die seun van Ya’akov en Y’hudah van K’riot, wat die verraaier geword het.
17 Yeshua het saam met hulle afgeklim en in die vallei gaan staan en daar was ’n menigte van Sy studentevolgelinge en ’n groot menigte mense van die hele Y’hudah, Yerushalayim en van die kus van Tzor en Tzidon af