36 Gee liefdevol om, net soos julle Vader ook liefdevol omgee.
37 Julle moenie oordeel nie, dan sal julle nie geoordeel word nie. Julle moenie veroordeel nie, dan sal julle nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal vrygespreek word.
38 Gee en aan julle sal gegee word, ’n goeie maat wat ingestamp en oorlopend is, sal hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”
39 Hy het vir hulle ’n vergelykende storie vertel: “Is dit moontlik vir ’n blinde om ’n blinde te lei? Sal albei van hulle nie in ’n sloot val nie?Mat 5:48
40 Daar is nie ’n studentevolgeling groter as sy leermeester nie. Elkeen wat volmaak gemaak is, sal soos sy leermeester wees.
41 Hoekom merk jy die splinter op in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie oog, is nie vir jou duidelik nie?
42 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘My broer, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal,’ maar let op, die plank wat in jou oog is, sien jy nie? Toneelspelers van ’n vals karakter, haal eers die plank uit jou oog uit, dan sal vir jou die vermoë gegee word om die splinter uit jou broeder se oog uit te haal.