6 Dit het gebeur op ’n ander Shabbat dat Hy weer in die bymekaarkomplek ingegaan en geleer het en daar was ’n man en sy regterhand was uitgedroog.
7 Die leraars van die wet en die Fariseërs het Hom dopgehou, of Hy op die Shabbat sou gesond maak sodat hulle Hom kon beskuldig,
8 maar Hy het hulle planne geken en sê vir die man met die verdorde hand: “Kom hier na die middel toe” en hy het daar kom staan.
9 Yeshua sê vir hulle: “Ek vra vir julle wat is reg om op die Shabbat te doen: om goed te doen of kwaad; om ’n lewe te red of te vernietig?”
10 Hy het na hulle almal gekyk en vir hom gesê: “Maak reguit jou hand en hy steek dit uit en sy hand is herstel, soos die ander een,
11 maar hulle is met jaloesie vervul en het onder mekaar bespreek wat hulle met Yeshua moet doen.
12 Dit het in daardie dae gebeur dat Yeshua uitgegaan het na ’n berg om te bid en Hy was die hele nag in gebed tot God