17 Hierdie boodskap aangaande Hom het uitgegaan in die hele Y’hudah en in die omliggende gebied.
18 Die studentevolgelinge van Yoganan het hom oor al hierdie dinge ingelig
19 en Yoganan het twee van sy studentevolgelinge na hom toe geroep en hulle na Yeshua gestuur om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons vir ’n ander een wag?”
20 Die manne het by Hom gekom en vir Hom gesê: “Yoganan die Doper het ons na U gestuur en gevra: ‘Is U die Een wat sou kom, of moet ons vir ’n ander Een wag?’”
21 In daardie uur het Hy baie mense genees van siektes, plae, bose geeste en aan baie blindes hulle sig gegee.Yes 26:19; Yes 35:5-6; Yes 61:1 hulle wat blind was, sien; hulle wat lam was, loop; hulle wat melaats was, word gereinig; hulle wat doof was, hoor; hulle wat dood was, staan op; aan hulle wat arm is, word die goeie boodskap verkondig
22 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Gaan vertel aan Yoganan alles wat julle gesien en gehoor het:
23 en geseënd is hy wat nie oor My aanstoot neem nie.”