23 en geseënd is hy wat nie oor My aanstoot neem nie.”
24 Nadat die boodskappers van Yoganan weggegaan het, begin Hy om vir die mense aangaande Yoganan te sê: “Wat het julle uitgegaan om in die wildernis te sien? ’n Riet wat deur die wind geskud word?
25 Wat het julle egter uitgegaan om te sien? ’n Man aangetrek in sagte klere? Let op, die wat eerbare klere het en in luuksheid leef, is in die huis van ’n koning.
26 Andersins, wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as ’n profeet!Mal 3:1
27 Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op, Ek stuur My boodskapper voor U Teenwoordigheid uit, wat U pad voor U voorberei.’
28 Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Yoganan, die Doper, nie, maar die kleinste in die Koninkryk van God is groter as hy.”
29 Al die mense wat dit gehoor het, asook die belastinggaarders, het deurdat hulle hulle laat doop het met die doop van Yoganan, dit as reg verklaar,