19 Sy moeder en broers het na Hom toe gekom en weens die skare mense kon hulle nie met Hom praat nie.
20 Hulle sê vir Hom: “U moeder en U broers staan buite en wil U sien,”
21 maar Hy antwoord en sê vir hulle: “Hierdie is My moeder en My broers, hulle wat die boodskap van God hoor en dit doen.”
22 Dit was op een van dié dae dat Hy en Sy studentevolgelinge in ’n boot geklim en Hy vir hulle gesê het: “Laat ons oorgaan na die oorkant van die meer.”
23 Terwyl hulle seil, het Yeshua geslaap en daar was ’n stormwind oor die meer en die boot was in gevaar om te sink.Yes 51:15
24 Hulle het gekom en Hom wakker gemaak en gesê: “Ons Meester, ons Meester, ons word vernietig!” Hy het opgestaan en die wind en die golwe van die see bestraf en hulle het opgehou en daar het ’n kalmte gekom.
25 Hy sê vir hulle: “Waar is julle vertroue?” Hulle was egter in respekvolle vrees en verwonderd en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy dan dat Hy ook die winde en die water beveel en hulle gehoorsaam Hom!”