41 ’n Man met die naam van Ya’ir, hoof van die bymekaarkomplek, het voor die voete van Yeshua neergeval en Hom versoek om na sy huis toe te kom,
42 want sy enigste dogter, van ongeveer twaalf jaar oud, het op sterwe gelê. Terwyl Yeshua saam met hom gegaan het, het ’n groot skare mense om Hom aangedruk
43 en ’n sekere vrou, wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het en alles wat sy het aan dokters uitgegee het en deur niemand gesond gemaak kon word nie,
44 het van agter af gekom en die bloulyn-soomtossel aan Sy kleed aangeraak en onmiddellik het haar vloei van bloed gestop.
45 Yeshua sê: “Wie het aan My geraak?” Toe almal dit ontken, sê Shim’on Kefa en die wat saam met hom was: “Ons Meester, die mense druk teen U aan en U sê: ‘Wie is dit wat aan My geraak het?’”
46 Hy sê: “Iemand het aan My geraak, want Ek weet dat krag vanaf My uitgegaan het.”
47 Toe die vrou sien dat dit nie Sy aandag ontsnap het nie, kom sy bang en val aanbiddend voor Hom neer en maak bekend voor al die mense waarom sy aan Hom geraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.