48 Yeshua sê vir haar: “Wees bemoedig, My dogter, jou vertroue het vir jou lewe gegee. Gaan in vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.”
49 Terwyl Hy nog praat, kom daar ’n man van die huis van die hoof van die bymekaarkomplek af en sê vir hom: “U dogter is dood, moenie die Leermeester pla nie.”
50 Yeshua het dit gehoor en sê vir die vader van die meisie: “Moenie bang wees nie. Vertrou net en sy sal lewe.”
51 Yeshua het by die huis gekom en niemand toegelaat om saam met Hom in te gaan nie, behalwe Shim’on, Ya’akov, Yoganan en die vader en moeder van die meisie
52 en almal het gehuil en oor haar getreur, maar Yeshua sê: “Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.”
53 Hulle het vir Hom gelag, want hulle het geweet dat sy dood is.
54 Hy het almal uitgestuur na buite en haar aan haar hand vasgehou en na haar geroep en gesê: “Dogtertjie, staan op!”