7 Ander saad het tussen die dorings geval en die dorings het saam gegroei en het dit versmoor.
8 Ander saad het in die goeie en uitstekende grond geval en ontkiem en honderdvoudige vrug gelewer.” Nadat Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ’n oor het wat wil hoor, laat hom luister!”
9 Sy studentevolgelinge het Hom gevra en gesê: “Wat is hierdie vergelykende storie?”Yes 6:9
10 Hy antwoord: “Aan julle is gegee om die geheime van die Koninkryk van God te ken, maar met die ander word deur vergelykende stories gepraat sodat hulle, kykende, nie sien nie en horende, nie verstaan nie.
11 Hierdie is die vergelykende storie: die saad is die boodskap van God.
12 Dié langs die pad is hulle wat hoor. Daarna kom die vyand en vat die boodskap uit hulle verstand, wil en emosie weg sodat hulle nie vertrou en sal lewe nie.
13 Dié op die rots is hulle wat die boodskap met vreugde ontvang wanneer hulle dit hoor, maar hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ’n tyd vertrou en in die tyd van toetsing val hulle weg.