12 Toe die dag einde se kant toe staan, kom Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir Hom: “Stuur die mense weg sodat hulle na die dorpe en plase in die omtrek kan gaan om te oornag en vir hulleself kos kan kry, want ons is hier in ’n verlate plek.”
13 Yeshua sê vir hulle: “Gee julle vir hulle kos,” maar hulle sê: “Daar is nie meer as vyf brode en twee visse by ons nie, tensy ons kos gaan koop vir al hierdie mense,”
14 want daar was omtrent vyf duisend mans, maar Hy sê vir Sy studentevolgelinge: “Laat hulle in groepe van vyftig sit.”
15 Sy studentevolgelinge het dit so gedoen en almal laat sit.
16 Yeshua vat die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel, seën dit, breek dit en gee dit aan die studentevolgelinge om aan die mense voor te sit
17 en hulle het almal geëet en is versadig en hulle het twaalf (12) mandjies vol van die oortollige stukke opgetel.
18 Toe Hy alleen was, besig om te bid, was die studentevolgelinge by Hom en Hy vra hulle en sê: “Wie sê die mense is Ek?”