2 en Hy het hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak
3 en vir hulle gesê: “Vat niks saam nie; geen staf of beursie vir die pad, of brood of geld nie en moenie twee kledingstukke by julle hê nie.
4 In watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan van dáár af uit
5 en as iemand julle nie ontvang nie, wanneer julle van daardie stad af weggaan, skud die stof van julle voete af, tot ’n getuienis teen hulle.”
6 Die afgevaardigdes het uitgegaan na die dorpe en stede en in elke plek die goeie boodskap verkondig en siekes gesond gemaak.
7 Herodes, die heerser oor ’n kwart van die land, hoor toe van al die dinge wat deur Hom gedoen is en hy was verwonderd daaroor omdat sommige gesê het dat Yoganan uit die dode opgestaan het,
8 maar ander dat Eliyahu verskyn het en ander dat een van die ou profete opgestaan het.