28 Dit het omtrent agt dae ná hierdie boodskap gebeur dat Hy vir Kefa, Yoganan en Ya’akov saamgeneem het teen ’n berg op om te bid
29 en terwyl Hy in gebed was, het die voorkoms van Sy gesig verander en Sy klere het glansend wit geword.
30 Let op, twee manne het met Hom gepraat, hulle was Moshe en Eliyahu.
31 Hulle het in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid verskyn en oor Sy weggaan, wat in Yerushalayim vervul sou word, gepraat,
32 maar Kefa en die wat saam met hom was, was deur die slaap en het met moeite wakker geword en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien en die twee manne wat by Hom staan.
33 Terwyl hulle van Hom weggaan, sê Shim’on vir Yeshua: “Leermeester, dit is goed dat ons hier is; laat ons dan drie tente maak, een vir U, vir Moshe een en een vir Eliyahu.” Hy het nie geweet wat hy sê nie.
34 Nadat hy dit gesê het, kom daar ’n wolk en vorm ’n tent rondom hulle en hulle het bang geword toe hulle Moshe en Eliyahu in die wolk sien ingaan.