49 Yoganan antwoord en sê: “Ons Meester, ons het iemand gesien wat in U Karakter en Outoriteit (Naam) ’n demoon uitdryf en ons het hom verbied omdat hy U nie saam met ons volg nie.”
50 Yeshua sê vir hulle: “Moet hom nie verbied nie, want wie nie teen julle is nie, is vir julle.”
51 Toe die dae van Sy opgaan nader kom, het Hy Homself voorberei om na Yerushalayim te gaan
52 en boodskappers voor Hom uitgestuur. Hulle het vertrek en in ’n dorp in Shomron ingegaan om vir Hom voor te berei
53 en hulle het Hom nie ontvang nie omdat Hy op pad was Yerushalayim toe.
54 Toe Sy studentevolgelinge, Ya’akov en Yoganan, dit sien, sê hulle: “Ons Meester, wil U hê ons moet vuur van die hemel af roep en hulle verteer, net soos Eliyahu gedoen het?”2 Kon 1:9-16
55 Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: “Julle weet nie van watter gees julle is nie,