23 Wanneer hulle julle vervolg in hierdie stad, vlug na ’n ander toe, want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Julle sal nie die stede van die huis van Yisra’el voltooi voordat die Seun van die mens sal kom nie.’
24 Daar is nie ’n leerling groter as sy leermeester nie en net so ook nie ’n dienskneg groter as sy meester nie.
25 Dit is vir die studentevolgeling genoeg dat hy soos sy leermeester sal wees en die dienskneg soos sy meester. As hulle die meester van die huis Ba’al-Z’vuv genoem het; hoeveel te meer sy huisgenote!Spr 3:32
26 Wees daarom nie bang vir hulle nie, want daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie en geheim wat nie bekend sal word nie.
27 Wat Ek ook al vir julle in die donker vertel, sê dit in die lig en enige iets wat julle in julle oor hoor, verkondig dit op die dakke.
28 Moenie bang wees vir hulle wat die liggaam doodmaak, maar die gees nie kan doodmaak nie, maar wees eerder bang vir Hom wat die gees sowel as die liggaam kan vernietig in die hel.
29 Word twee mossies nie vir ’n assarion verkoop nie? Nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader se wil nie,