6 Betaal haar terug, soos wat sy ander terugbetaal het en verdubbel dit vir haar volgens haar dade. Skink vir haar dubbel, in die beker waarin sy geskink het.
7 Soveel as wat sy haarself vereer, loof en aanbid en haarself ophef, na dié mate moet julle haar lyding en smart aandoen omdat sy in haar gedagtes sê: ‘Ek sit as koningin en is nie ’n weduwee nie en ek sal nooit smart sien nie.’
8 Hiervoor sal daar op een dag plae oor haar kom: dood, smart, hongersnood en in vuur sal sy brand, as gevolg van Kragtige יהוה, wat haar oordeel.
9 Die konings van die aarde wat saam met haar seksueel immoreel was en hulleself opgehef het, sal oor haar huil en treur wanneer hulle die rook sien as sy verbrand,
10 terwyl hulle ver weg staan, uit vrees vir haar straf en sê: ‘Wee, wee, wee, die groot stad Bavel, die magtige stad, want in een uur het jou oordeel gekom!’
11 Die handelaars van die aarde sal huil en treur oor haar en niemand sal meer hulle artikels koop nie;
12 artikels van goud, silwer, edelgesteentes, pêrels, fyn linne, purper, sy, skarlaken, alle welriekende hout, alle voorwerpe van ivoor, voorwerpe van die kosbaarste hout, van koper, yster en marmer;