14 Die gewig van goud wat in een jaar vir Shlomo ingekom het, was ses honderd ses en sestig talente goud, (ongeveer 23 metrieke ton)
15 behalwe wat ingekom het van die handelaars wat rondtrek en van die wins van die verkopers en van al die konings van die Arabiere en van die goewerneurs van die land.
16 Koning Shlomo het twee honderd groot skilde van suiwer goud gemaak; hy het ses honderd sikkels (6,8kg) goud op elke groot skild gebruik
17 en drie honderd skilde van suiwer goud met drie minahs (1,7kg) goud op elke skild en die koning het dit in die huis van die L’vanon-woud gesit.
18 Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.
19 Die troon het ses trappe gehad en ’n ronde kopstuk bo die troon aan die agterkant en arms weerskante van die sitplek, met twee leeus wat langs die arms staan.
20 Twaalf leeus het daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; niks soos dit is ooit vir enige ander koninkryk gemaak nie.