16 Koning Shlomo het twee honderd groot skilde van suiwer goud gemaak; hy het ses honderd sikkels (6,8kg) goud op elke groot skild gebruik
17 en drie honderd skilde van suiwer goud met drie minahs (1,7kg) goud op elke skild en die koning het dit in die huis van die L’vanon-woud gesit.
18 Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.
19 Die troon het ses trappe gehad en ’n ronde kopstuk bo die troon aan die agterkant en arms weerskante van die sitplek, met twee leeus wat langs die arms staan.
20 Twaalf leeus het daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; niks soos dit is ooit vir enige ander koninkryk gemaak nie.
21 Al koning Shlomo se drinkservies was van goud en al die houers van Die Huis van die L’vanon-woud was van suiwer goud; niks was van silwer nie: dit is in die dae van Shlomo nie as waardevol gereken nie,
22 want die koning het ’n vloot van skepe van Tarshish gehad by die skepe van Hiram; een maal elke drie jaar het die skepe van Tarshish ingekom en goud, silwer, ivoor, ape en poue gebring.