2 Sy het na Yerushalayim gekom met ’n baie groot gevolg, met kamele wat speserye, baie goud en edelgesteentes dra. Toe sy by Shlomo kom, het sy met hom gepraat oor alles wat in haar verstand, wil en emosie was.
3 Shlomo het al haar vrae beantwoord; niks was vir die koning verborge wat hy nie aan haar verduidelik het nie.
4 Toe die koningin van Sh’va al die wysheid van Shlomo sien, die huis wat hy gebou het,
5 die kos van sy tafel, hoe sy diensknegte sit, die bediening van sy bediendes en hulle klere, sy skinkers en sy trap waarmee hy opgaan na die huis van יהוה, het haar asem weggeslaan.
6 Toe sê sy vir die koning: “Die verslag wat ek in my eie land gehoor het aangaande u woorde en u wysheid, was waar.
7 Nogtans het ek die verslae nie geglo nie totdat ek gekom en met my oë gesien het. Let op, die helfte is nie vir my vertel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die verslag wat ek gehoor het.
8 Hoe geseënd is u manne, hoe geseënd is hierdie diensknegte van u wat voortdurend voor u staan en u wysheid hoor.