24 Die hele wêreld het die teenwoordigheid van Shlomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy verstand gegee het.
25 Elkeen van hulle het sy geskenk saam gebring: silwer voorwerpe, goue voorwerpe, klere, wapens, speserye, perde en muile, jaar na jaar.
26 Shlomo het strydwaens en perderuiters bymekaargemaak en hy het een duisend vier honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad en hy het dit in die stede vir stydwaens en by die koning in Yerushalayim gesit.2 Kro 1:15; 2 Kro 9:27
27 Die koning het silwer in Yerushalayim so algemeen gemaak soos klippe en seders so volop soos wildevyebome wat in die Laagland is.
28 Shlomo se invoer van perde was uit Mitzrayim en die koning se handelaars het ’n kommissie ontvang op die goedere wat hulle gekoop het.Deut 17:16; 2 Kro 1:14
29 ’n Strydwa is uit Mitzrayim ingevoer vir ses honderd sikkels silwer en ’n perd vir ’n honderd en vyftig en op dieselfde manier is hulle na al die konings van die Hittiete en die konings van Aram uitgevoer.