1 Koning Shlomo het baie buitelandse vroue liefgehad saam met die dogter van Farao: Mo’avitiese, `Ammonitiese, Edomitiese, Tzidonitiese en Hittitiese vroue;Eks 23:24; Eks 34:16; Deut 7:3-4; Y’ho 23:12-13; `Ez 9:12
2 vanuit die nasies waarvan יהוה aan die seuns van Yisra’el gesê het: “Julle mag nie met hulle assosieer nie en hulle ook nie met julle nie, want hulle sal sekerlik julle verstand, wil en emosie wegdraai agter hulle gode aan.” Shlomo het hulle met liefde aangehang.
3 Hy het sewe honderd vroue en prinsesse gehad en drie honderd byvroue en sy vroue het sy verstand, wil en emosie weggedraai,
4 want toe Shlomo oud was, het sy vroue sy verstand, wil en emosie agter ander gode aan weggedraai en sy verstand, wil en emosie was nie volkome toegewy aan יהוה, sy God, soos die verstand, wil en emosie van sy vader, Dawid, nie.