10 en hom aangaande hierdie saak beveel het om nie agter ander gode aan te gaan nie, maar hy het nie gedoen wat יהוה beveel het nie.
11 יהוה het vir Shlomo gesê: “Omdat jy dit gedoen het en nie My verbond en My instellings, wat Ek jou beveel het, gehou het nie, sal Ek sekerlik die koninkryk van jou af wegskeur en dit aan jou dienskneg gee.
12 Nogtans sal ek dit nie in jou dae doen nie ter wille van jou vader, Dawid, maar Ek sal dit uit die hand van jou seun skeur.
13 Tog sal Ek nie die hele koninkryk wegskeur nie, maar Ek sal een stam aan jou seun gee ter wille van My dienskneg, Dawid en ter wille van Yerushalayim wat Ek verkies het.”
14 Toe het יהוה vir Shlomo ’n teëstander opgewek: Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.
15 Dit het gebeur toe Dawid in Edom was en Yo’av, die bevelvoerder van die leër, opgetrek het om die gesneuweldes te begrawe en hy al wat manlik was in Edom doodgeslaan het
16 (want Yo’av en die hele Yisra’el het ses maande lank daar gebly totdat hy al die manlike persone in Edom afgesny het)