16 (want Yo’av en die hele Yisra’el het ses maande lank daar gebly totdat hy al die manlike persone in Edom afgesny het)
17 dat Hadad, as ’n jong seun, na Mitzrayim gevlug het; hy en sekere Edomiete van sy vader se diensknegte saam met hom.
18 Hulle het opgestaan vanuit Midyan en in Pa’ran gekom en vanuit Pa’ran manne saam met hulle gevat en in Mitzrayim aangekom by Farao, die koning van Mitzrayim, wat vir hom ’n huis en kos gegee het en vir hom land gegee het.
19 Hadad het groot guns gevind voor Farao sodat hy vir hom sy vrou se suster, die suster van Tagp’neis, die koningin, as vrou gegee het.
20 Die suster van Tagp’neis het vir hom geboorte gegee aan sy seun G’nuvat, wat Tagp’neis in die huis van Farao groot gemaak het en G’nuvat was in die huis van Farao tussen die seuns van Farao.
21 Toe Hadad egter in Mitzrayim hoor dat Dawid by sy vaders neergelê is en dat Yo’av, die bevelvoerder van die leër, dood is, sê Hadad vir Farao: “Stuur my weg dat ek na my eie land kan gaan.”
22 Toe sê Farao vir hom: “Maar wat het jy by my tekort, let op, dat jy begeer om na jou eie land te gaan?” Hy antwoord: “Niks nie; nogtans moet u my sekerlik laat gaan.”