21 Toe Hadad egter in Mitzrayim hoor dat Dawid by sy vaders neergelê is en dat Yo’av, die bevelvoerder van die leër, dood is, sê Hadad vir Farao: “Stuur my weg dat ek na my eie land kan gaan.”
22 Toe sê Farao vir hom: “Maar wat het jy by my tekort, let op, dat jy begeer om na jou eie land te gaan?” Hy antwoord: “Niks nie; nogtans moet u my sekerlik laat gaan.”
23 God het ook ’n ander teëstander teen hom opgewek, Rezon, die seun van Elyada, wat gevlug het van sy meester Hadad’ezer, die koning van Tzovah.
24 Nadat Dawid hulle by Tzovah gedood het, het hy manne by hom versamel en leier van ’n plunderbende geword en hulle het na Dammesek gegaan en daar gebly en in Dammesek geheers.
25 Hy was ’n teëstander van Yisra’el al die dae van Shlomo, saam met die boosheid wat Hadad gedoen het en hy het Yisra’el verafsku en oor Aram geheers.
26 Toe het Yarov’am, ’n dienskneg van Shlomo, die seun van N’vat, ’n Efrayimiet uit Tz’redah, wie se moeder se naam Tz’ru’ah was, ’n weduwee, ook teen die koning rebelleer.
27 Dít was die rede hoekom hy teen die koning rebelleer het: Shlomo het Millo gebou en die skeur aan die stad van sy vader, Dawid, toegemaak.