23 God het ook ’n ander teëstander teen hom opgewek, Rezon, die seun van Elyada, wat gevlug het van sy meester Hadad’ezer, die koning van Tzovah.
24 Nadat Dawid hulle by Tzovah gedood het, het hy manne by hom versamel en leier van ’n plunderbende geword en hulle het na Dammesek gegaan en daar gebly en in Dammesek geheers.
25 Hy was ’n teëstander van Yisra’el al die dae van Shlomo, saam met die boosheid wat Hadad gedoen het en hy het Yisra’el verafsku en oor Aram geheers.
26 Toe het Yarov’am, ’n dienskneg van Shlomo, die seun van N’vat, ’n Efrayimiet uit Tz’redah, wie se moeder se naam Tz’ru’ah was, ’n weduwee, ook teen die koning rebelleer.
27 Dít was die rede hoekom hy teen die koning rebelleer het: Shlomo het Millo gebou en die skeur aan die stad van sy vader, Dawid, toegemaak.
28 Die man Yarov’am was ’n dapper soldaat en toe Shlomo sien dat die jongman ywerig en hardwerkend was, het hy hom aangestel oor al die dwangarbeiders van die huis van Yosef.
29 Dit het omtrent in daardie tyd gebeur, toe Yarov’am uit Yerushalayim uitgaan dat die profeet Agiyah, die Shiloniet, hom op die pad kry. Agiyah het homself geklee in ’n nuwe mantel en hulle twee was alleen in die veld.