29 Dit het omtrent in daardie tyd gebeur, toe Yarov’am uit Yerushalayim uitgaan dat die profeet Agiyah, die Shiloniet, hom op die pad kry. Agiyah het homself geklee in ’n nuwe mantel en hulle twee was alleen in die veld.
30 Toe gryp Agiyah die nuwe mantel wat hy aangehad het en skeur dit in twaalf stukke.
31 Hy sê vir Yarov’am: “Vat vir jou tien stukke, want so sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Let op, Ek sal die koninkryk uit die hand van Shlomo skeur en aan jou tien stamme gee,
32 maar een stam sal syne wees ter wille van My kneg Dawid en ter wille van Yerushalayim, die stad wat Ek gekies het uit al die stamme van Yisra’el
33 omdat hy My verlaat en hom neergebuig het voor `Ashtoret, die godin van die Tzidoniërs, voor K’mosh, die god van Mo’av en voor Milkom, die god van die seuns van `Ammon en nie geleef het op My maniere deur te doen wat reg is in My oë, om My instellings en My opdragte, soos sy vader, Dawid, na te kom nie.
34 Nogtans sal Ek nie die hele koninkryk uit sy hand uit vat nie, maar Ek sal hom heerser maak vir al die dae van sy lewe, ter wille van My kneg Dawid wat Ek gekies het, wat My opdragte en My instellings gehoorsaam het,
35 maar Ek sal die koninkryk uit die hand van sy seun vat en dit aan jou gee, tien stamme,