36 maar aan sy seun sal Ek een stam gee sodat My kneg Dawid altyd ’n lamp kan hê voor My in Yerushalayim, die stad waar Ek vir Myself gekies het om My Karakter en Outoriteit (Naam) te plaas.
37 Ek sal jou vat en jy sal regeer oor alles wat jy begeer en jy sal koning wees oor Yisra’el.
38 Dan sal dit wees indien jy luister na alles wat Ek jou beveel en leef in My paaie en doen wat reg is in My oë deur My instellings en My opdragte te gehoorsaam, soos My kneg Dawid gedoen het, Ek dan by jou sal wees en vir jou ’n blywende huis bou, soos Ek vir Dawid gebou het en Ek sal Yisra’el vir jou gee.Yeg 39:22
39 So sal Ek die nageslag van Dawid hieroor beproef, maar nie vir altyd nie.’”
40 Shlomo het daarom probeer om Yarov’am dood te maak, maar Yarov’am het opgestaan en na Mitzrayim gevlug, na Shishak, die koning van Mitzrayim en hy was in Mitzrayim tot die dood van Shlomo.
41 Die res van die dade van Shlomo en wat hy ook al gedoen het en sy wysheid, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die dade van Shlomo’ nie?
42 Die tyd wat Shlomo in Yerushalayim oor die hele Yisra’el regeer het, was veertig jaar.