40 Shlomo het daarom probeer om Yarov’am dood te maak, maar Yarov’am het opgestaan en na Mitzrayim gevlug, na Shishak, die koning van Mitzrayim en hy was in Mitzrayim tot die dood van Shlomo.
41 Die res van die dade van Shlomo en wat hy ook al gedoen het en sy wysheid, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die dade van Shlomo’ nie?
42 Die tyd wat Shlomo in Yerushalayim oor die hele Yisra’el regeer het, was veertig jaar.
43 Shlomo is by sy vaders neergelê en is begrawe in die stad van sy vader, Dawid en sy seun, Regav’am, het in sy plek geheers.2 Kro 10:1-12:16