5 Shlomo het agter `Ashtoret, die godin van die Tzidoniërs en agter Milkom, die verfoeilike afgod van die `Ammoniete, aan geloop.
6 Shlomo het gedoen wat boos was in die oë van יהוה en יהוה nie ten volle gevolg soos sy vader, Dawid, nie.Yeg 43:7,8
7 Toe het Shlomo ’n hoë plek, op die berg wat oos van Yerushalayim lê, vir K’mosh, die verfoeilike afgod van Mo’av en vir Molekh, die verfoeilike afgod van die seuns van `Ammon, gebou.
8 So het hy ook gedoen vir al sy buitelandse vroue wat wierook gebrand en geoffer het aan hulle gode.
9 יהוה was kwaad vir Shlomo omdat sy verstand, wil en emosie weggedraai was van יהוה, die God van Yisra’el, wat twee keer aan hom verskyn het
10 en hom aangaande hierdie saak beveel het om nie agter ander gode aan te gaan nie, maar hy het nie gedoen wat יהוה beveel het nie.
11 יהוה het vir Shlomo gesê: “Omdat jy dit gedoen het en nie My verbond en My instellings, wat Ek jou beveel het, gehou het nie, sal Ek sekerlik die koninkryk van jou af wegskeur en dit aan jou dienskneg gee.