7 Toe het Shlomo ’n hoë plek, op die berg wat oos van Yerushalayim lê, vir K’mosh, die verfoeilike afgod van Mo’av en vir Molekh, die verfoeilike afgod van die seuns van `Ammon, gebou.
8 So het hy ook gedoen vir al sy buitelandse vroue wat wierook gebrand en geoffer het aan hulle gode.
9 יהוה was kwaad vir Shlomo omdat sy verstand, wil en emosie weggedraai was van יהוה, die God van Yisra’el, wat twee keer aan hom verskyn het
10 en hom aangaande hierdie saak beveel het om nie agter ander gode aan te gaan nie, maar hy het nie gedoen wat יהוה beveel het nie.
11 יהוה het vir Shlomo gesê: “Omdat jy dit gedoen het en nie My verbond en My instellings, wat Ek jou beveel het, gehou het nie, sal Ek sekerlik die koninkryk van jou af wegskeur en dit aan jou dienskneg gee.
12 Nogtans sal ek dit nie in jou dae doen nie ter wille van jou vader, Dawid, maar Ek sal dit uit die hand van jou seun skeur.
13 Tog sal Ek nie die hele koninkryk wegskeur nie, maar Ek sal een stam aan jou seun gee ter wille van My dienskneg, Dawid en ter wille van Yerushalayim wat Ek verkies het.”