1 In daardie tyd het Aviyah, die seun van Yarov’am, siek geword.
2 Yarov’am het vir sy vrou gesê: “Staan op en vermom jouself sodat hulle nie kan weet dat jy Yarov’am se vrou is nie en gaan na Shiloh; let op, Agiyah die profeet is daar, wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou wees.
3 Vat tien brode, koeke en ’n houer met heuning saam met jou en gaan na hom toe. Hy sal vir jou vertel wat met die jongman sal gebeur.”
4 Yarov’am se vrou het so gedoen, opgestaan en na Shiloh gegaan en by die huis van Agiyah gekom. Agiyah kon nie sien nie, want sy oë was dof vanweë sy ouderdom.
5 יהוה het vir Agiyah gesê: “Let op, die vrou van Yarov’am kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê, want dit sal wees dat as sy kom, sy sal voorgee om ’n ander vrou te wees.”
6 Toe Agiyah die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: “Kom in, vrou van Yarov’am! Waarom gee jy voor om ’n ander vrou te wees? Ek is na jou gestuur met ’n harde boodskap.