24 Daar was ook manlike kultusprostitute in die land. Hulle het gedoen volgens al die verfoeilikhede van die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el onteien het.Deut 28:25
25 Dit het in die vyfde jaar van koning Regav’am gebeur dat Shishak, die koning van Mitzrayim, teen Yerushalayim opgetrek het.
26 Hy het die skatte van die huis van יהוה weggevat en die skatte van die huis van die koning en hy het alles gevat, selfs al die goue skilde wat Shlomo gemaak het.
27 Koning Regav’am het koper skilde in hulle plek gemaak en hulle oorgegee aan die sorg van die bevelvoerders van die wag, wat die ingang van die koning se huis bewaak het.
28 Toe het dit gebeur dat so dikwels as die koning in die huis van יהוה ingaan die wagte dit sou dra en dit weer terugbring in die wagkamer in.
29 Die res van die dade van Regav’am en alles wat hy gedoen het, is dit nie geskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?
30 Daar was voortdurend oorlog tussen Regav’am en Yarov’am.