6 Toe Agiyah die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: “Kom in, vrou van Yarov’am! Waarom gee jy voor om ’n ander vrou te wees? Ek is na jou gestuur met ’n harde boodskap.
7 Gaan sê vir Yarov’am: ‘So sê יהוה, die God van Yisra’el: aangesien Ek jou van tussen die mense af opgelig en jou leier oor My volk Yisra’el gemaak
8 en die koninkryk van die huis van Dawid af weggeskeur en dit vir jou gegee het; [tog was jy nie soos My kneg Dawid, wat opdragte gehou en My met sy hele verstand, wil en emosie gevolg het, om net te doen wat reg is in My oë, nie;
9 jy het ook meer boosheid gedoen as almal wat voor jou was en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak om My te tart tot woede en My agter jou rug gegooi]
10 daarom, let op, Ek bring onheil oor die huis van Yarov’am en sal van Yarov’am af afsny al wat manlik is in Yisra’el, beide slaaf en vryman en Ek sal die huis van Yarov’am skoonvee soos ’n mens mis wegvee totdat daar niks van oor is nie.
11 Enige een wat aan Yarov’am behoort wat in die stad sterf, hom sal die honde eet en hom wat in die veld sterf, sal die voëls van die hemel eet, want יהוה het dit gesê.’
12 Staan op, gaan na jou huis toe. Wanneer jou voete die stad ingaan, sal die seun sterf.