28 So het Ba’sha hom doodgemaak in die derde jaar van Asa, koning van Y’hudah en in sy plek geheers.
29 Dit het gebeur dat, sodra hy koning geword het, hy die hele huis van Yarov’am doodgemaak het. Hy het vir Yarov’am geen persoon laat oorbly nie totdat hy almal vernietig het, volgens die woord van יהוה wat Hy gepraat het deur sy dienskneg Agiyah, van Shiloh,
30 vanweë die sondes van Yarov’am wat hy gedoen en waarmee hy Yisra’el laat sondig het, deur sy uittarting waarmee hy יהוה, die God van Yisra’el, uitgetart het tot woede.
31 Die res van die dade van Nadav en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
32 Daar was oorlog tussen Asa en Ba’sha, koning van Yisra’el, al hulle dae.
33 In die derde jaar van Asa, koning van Y’hudah, het Ba’sha, die seun van Agiyah, koning geword oor die hele Yisra’el in Tirtzah, vier en twintig jaar lank.
34 Hy het boos gedoen in die oë van יהוה en geloop in die pad van Yarov’am en in sy sonde waarmee hy Yisra’el laat sondig het.