3 Hy het in al die sondes van sy vader geloop wat hy voor hom gedoen het en sy verstand, wil en emosie was nie volkome tot יהוה, sy God, toegewy soos die verstand, wil en emosie van sy vader, Dawid, nie,
4 maar ter wille van Dawid het יהוה, sy God, vir hom ’n lamp in Yerushalayim gegee om sy seun ná hom op te wek en Yerushalayim te vestig
5 omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van יהוה, sonder om af te wyk van enige iets wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uriyah, die Hittiet.
6 Daar was oorlog tussen Regav’am en Yarov’am, al die dae van sy lewe.
7 Die res van die dade van Aviyah en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie? Daar was ook oorlog tussen Aviyah en Yarov’am.
8 Aviyah is neergelê by sy vaders en hulle het hom in die stad van Dawid begrawe en Asa, sy seun, het in sy plek koning geword.2 Kro 14:1-16:14
9 In die twintigste jaar van Yarov’am, die koning van Yisra’el, het Asa begin heers as koning van Y’hudah.