5 omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van יהוה, sonder om af te wyk van enige iets wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uriyah, die Hittiet.
6 Daar was oorlog tussen Regav’am en Yarov’am, al die dae van sy lewe.
7 Die res van die dade van Aviyah en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie? Daar was ook oorlog tussen Aviyah en Yarov’am.
8 Aviyah is neergelê by sy vaders en hulle het hom in die stad van Dawid begrawe en Asa, sy seun, het in sy plek koning geword.2 Kro 14:1-16:14
9 In die twintigste jaar van Yarov’am, die koning van Yisra’el, het Asa begin heers as koning van Y’hudah.
10 Hy het een en veertig jaar in Yerushalayim regeer en die naam van sy moeder was Ma’akhah, die kleindogter van Avshalom.
11 Asa het gedoen wat reg was in die oë van יהוה, net soos sy vader Dawid.