1 Die woord van יהוה teen Ba’sha, het tot Yehu, die seun van Hanani gekom en gesê:
2 “In sover Ek jou uit die stof opgelig en jou as leier oor My volk Yisra’el aangestel het en jy in die pad van Yarov’am geloop en My volk Yisra’el laat sondig het, om My te tart tot woede oor hulle sondes,
3 let op, Ek sal Ba’sha en sy huis verteer en Ek sal jou huis maak soos die huis van Yarov’am, die seun van N’vat.
4 Enige een van Ba’sha wat in die stad sterf, hom sal die honde eet en enige een van hom wat in die veld sterf, sal die voëls van die hemel eet.”
5 Die res van die dade van Ba’sha, wat hy gedoen het en sy mag, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
6 Ba’sha is neergelê by sy vaders en is begrawe in Tirtzah en sy seun Elah het in sy plek koning geword.