12 So het Zimri die hele huishouding van Ba’sha vernietig volgens die woord van יהוה wat Hy teen Ba’sha, deur die profeet Yehu, gepraat het
13 vir al die sondes van Ba’sha en die sondes van Elah, sy seun, wat hulle gesondig het en waarmee hulle Yisra’el laat sondig het, om יהוה, die God van Yisra’el, te tart tot woede met hulle afgode.
14 Die res van die dade van Elah en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
15 In die sewe en twintigste jaar van Asa, koning van Y’hudah, het Zimri vir sewe dae lank geheers in Tirtzah. Die manne het Gibb’ton beleër wat aan die F’lishtyne behoort.
16 Die manne wat beleër het, het dit hoor sê: “Zimri het saamgesweer en het ook die koning doodgeslaan;” daarom het die hele Yisra’el dieselfde dag vir `Omri, die bevelvoerder van die leër, in die kamp koning gemaak oor Yisra’el.
17 Toe het `Omri en die hele Yisra’el saam met hom opgegaan vanaf Gibb’ton en Tirtzah beleër.
18 Toe Zimri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning oor hom aan die brand gesteek en hy is dood,