22 Die mense wat vir `Omri gevolg het, was te sterk vir die mense wat vir Tivni, die seun van Ginat, gevolg het en Tivni het gesterf en `Omri het koning geword.
23 In die een en dertigste jaar van Asa, koning van Y’hudah, het `Omri oor Yisra’el koning geword, twaalf jaar lank; hy het ses jaar in Tirtzah geheers.
24 Hy het die berg Shomron van Shemer gekoop vir twee talente silwer en op die berg gebou en die stad wat hy gebou het, Shomron genoem volgens die naam van Shemer, die eienaar van die berg.
25 `Omri het boos gedoen in die oë van יהוה en meer boos gehandel as almal wat voor hom was,
26 want hy het geloop in al die paaie van Yarov’am, die seun van N’vat en in sy sondes waarmee hy Yisra’el laat sondig het, om יהוה, die God van Yisra’el, te tart met hulle afgode.
27 Die res van die dade van `Omri, wat hy gedoen het en sy mag wat hy gewys het, is dit nie beskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
28 `Omri is neergelê by sy vaders en is in Shomron begrawe en sy seun Ag’av het in sy plek koning geword.