24 Hy het die berg Shomron van Shemer gekoop vir twee talente silwer en op die berg gebou en die stad wat hy gebou het, Shomron genoem volgens die naam van Shemer, die eienaar van die berg.
25 `Omri het boos gedoen in die oë van יהוה en meer boos gehandel as almal wat voor hom was,
26 want hy het geloop in al die paaie van Yarov’am, die seun van N’vat en in sy sondes waarmee hy Yisra’el laat sondig het, om יהוה, die God van Yisra’el, te tart met hulle afgode.
27 Die res van die dade van `Omri, wat hy gedoen het en sy mag wat hy gewys het, is dit nie beskryf in ‘Die Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el’ nie?
28 `Omri is neergelê by sy vaders en is in Shomron begrawe en sy seun Ag’av het in sy plek koning geword.
29 Ag’av, die seun van `Omri, het koning geword oor Yisra’el in die agt en dertigste jaar van Asa, koning van Y’hudah en Ag’av, die seun van `Omri, het twee en twintig jaar lank in Shomron oor Yisra’el regeer.
30 Ag’av, die seun van `Omri, het boos gedoen in die oë van יהוה, meer as almal wat voor hom was.