30 Ag’av, die seun van `Omri, het boos gedoen in die oë van יהוה, meer as almal wat voor hom was.
31 Dit het gebeur, asof dit die minste was vir hom om in die sondes van Yarov’am, die seun van N’vat, te loop, dat hy Izevel, die dogter van Et-Ba’al, die koning van die Tzidoniërs, getrou het en Ba’al gaan dien en voor hom neergebuig en aanbid het.
32 Hy het vir Ba’al ’n altaar opgerig in die huis van Ba’al wat hy in Shomron gebou het.Deut 16:21
33 Ag’av het ook die Asherah opgerig. So het Ag’av meer gedoen om יהוה, die God van Yisra’el, te tart as al die konings van Yisra’el wat voor hom was.Y’ho 6:26
34 In sy dae het Hi’el, van Beit-El, Yerigo gebou; hy het sy fondasies met die verlies van Aviram, sy eersgeborene, gelê en sy poorte opgerig met die verlies van S’guv, sy jongste, volgens die woord van יהוה wat Hy deur Y’hoshua, die seun van Nun, gepraat het.