1 Eliyahu, vanaf Tishbe, wat van die setlaars in Gil’ad was, het vir Ag’av gesê: “So waar as יהוה, die God van Yisra’el, leef, voor wie ek staan, daar sal sekerlik geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!”
2 Die woord van יהוה het na hom gekom en gesê:
3 “Gaan hiervandaan weg en draai ooswaarts en steek jouself weg by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is.
4 Dit sal wees dat jy van die spruit sal drink en Ek het die kraaie beveel om daar vir jou te voorsien.”
5 Hy het gegaan en gedoen volgens die woord van יהוה, want hy het gaan bly by die spruit K’rit, wat oos van die Yarden is.
6 Die kraaie het in die oggend vir hom brood en vleis gebring en brood en vleis teen sonsondergang en hy het uit die spruit gedrink.
7 Dit het gebeur na ’n rukkie dat die spruit opgedroog het, want daar was geen reën in die land nie.